Wednesday, March 30, 2011

Die Ego van die mens

Hier lees ek nou n koerant artiekel in die Beeld genoem 'Oud-Bul' vas oor moorde' - Woensdag 30 Maart 2011. Van julle het seker al n paar dae terug in die koerant gelees oor die man van Umbillo in Durban wat drie vreemde mans vermoor het met n byl nadat sy dogter verkrag is en met die HIV virus ontsteek is.

Hy is gister in die vroe oggendure in hegtenis geneem in verband met minstens drie van die bylmoorde.

Die koerant verwys hier na die feit dat die man n 'oud Bul-Rugbyspeler' was. Ek onthou n paar maande terug was n rugby speler ook gearisteer nadat hy in n blinde irationele woede n vreemde man op straat dood geslaan het.


Sport is die punt in ons kultuur waar ons mos woede in so n manier kanalieseer tot n punt van positiwiteit. Ons kinders word in die skoole geleer om die sport te speel, en gereeld hoor n mens van n kind wat verlam is of dood is gedurende die sport. Ons sports helde word geaanbid en diet is iets wat all lank betaan. Die ego van die mens word so geontwikkel omdat ons nie die lewe as enigiets anders verstaan nie. Maar as die probleme in ons wereld as gevolg van die ego te erg word - soos wat dit huidiglik is, dan se almal hulle verstaan dan nou nie. Die tyd is hier vir almal om self-verantwoordelikheid te neem vir die tiepe mense wat ons geword het as die ego.


Die koerant artiekels waarna ek hier verwys het is maar twee voorbeelde en ek neem nie net sport of rugby aan nie - ek verwys na alle forme van ego in die wereld waar ons n sport maak van geweld en kompetiesie. Die bewyse is hier - ons wereld is nou op n punt waar alle geweld terug verwys kan word na n punt binne in elke mens waar daar gedagtes en emosies lo loop. En wat nog erger is, is dat ons almal dit sien as normaal -dat die mensdom agresief is en dat geweld altyd geblameer word op iemand anders of op die 'movies'. Noot word daar gekyk na die dink-prosesse van elke mens en hoe ons, ons wereld skep deur ons toelatings nie.


Artiekel: http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Oud-Bul-vas-oor-moorde-20110329

No comments:

Post a Comment

ShareThis